Digitale Sloan-lugopname

LRG-4-606 is een van die helder rooi sterrestelsels in die SDSS met die afkorting "LRG" (Luminous Red Galaxy).

Die Digitale Sloan-lugopname of SDSS is ’n rooiverskuiwingopname en kartering van ’n groot deel van die noordelike lugruim. Sowat 35% van die lugruim en miljoene hemelliggame is gedek met ’n optiese wyehoekteleskoop van 2,5 meter by die Apache Point-sterrewag in Nieu-Mexiko, VSA. Die projek is na die Alfred P. Sloan-stigting genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search